Six Steps

Om deel te neem:

Stap Een – Kies ‘n beeld

Kies die beeld wat jy graag wil gebruik. Dit kan óf ‘n bestaande gratis beskikbare foto wees wat dikwels in meme gebruik word óf een van jou eie foto’s. Vele meem-genererende platforms het reeds beelde beskikbaar. Gebruik platforms soos MemeGen en Memgenerator. Ons is ook besig om ‘n ander bladsy met ‘n lys van werwe wat algemeen gebruik word, saam te stel. (list)

Stap Twee – Voeg teks by

Deur gebruik te maak van ‘n meem-genererende platform of ander programmatuur van jou keuse, kies die teks bo- en onderaan die beeld. Hierdie teks kan humoristies of reflektief wees—ons moedig jou aan om meme te skep wat met taalbewaring en -vernuwing te make het.

Stap Drie – Stoor en laai meem op

Stoor die beeld en plaas dit op jou voorkeur sosiale media (bv. Instagram, Twitter, Facebook).

Stap Vier – Voeg hutsetikette by

  • Voeg die hutsetiket #MemeML by
  • Voeg die hutsetiket van die taal (bv. #Afrikaans, #Yoruba) by

Let asseblief op: die bevordering van taaldiversiteit aanlyn beteken die vermoë om in enige taal van jou keuse te kommunikeer sonder om digitale inhoud aan nie-sprekers te voorsien. As jy egter graag ‘n wyer gehoor wil bereik, het jy die opsie om ‘n algemene vertaling in die beskrywende teks te voorsien vir idees wat nie geredelik letterlik vertaal kan word nie.

Stap Vyf – Sluit aan by die daag

  • Vind ander wat ook hulle meme met die #MemeML hutsetiket op Instagram, Twitter of Facbook gedeel het en lewer kommentaar, deel, hertwiet, pos weer.
  • Soek vir die hutsetiket van jou taal. Volg ander wat meme in jou taal skep (bv. #Afrikaans, #Yoruba).
  • Maak seker dat jy iemand anders etiketteer en hulle “uitdaag” om ‘n meem van hul eie te skep. Verbind met ander mense wat ook taaldiversiteit vier.

Step Ses – Hê pret!